​12 buitenste oppervlakke wat jou huis se waarde gaan opstoot

Johannes van Graan Johannes van Graan
Casa Sotogrande, Terra Terra 모던스타일 정원
Loading admin actions …

Waneer dit kom by die spasies buitekant jou huis, soos jou tuin, erf en stoep, is gras en sement beslis nie jou enigste keuses nie. Daar is heelwat verskillende materiale en style wat gebruik kan word, nie net om ‘n praktiese kuierplek of tuin area op te tower nie, maar ook om by jou huis se boustyl te pas.

En as daardie material wat jy kies vir jou tuin of stoep jou huis se waarde so effens gaan laat lig, dan is dit mos eers ‘n blink plan! 

Kom ons kyk na 12 opsies om jou ‘n paar idees te gee…

1. Porselein – dis duursaam, modern en beskikbaar in vele kleure en patrone.

2. Vir ‘n pragtige styl wat rustiek dog pragtig voorkom, raai ons jou aan om keramiek teëls te kies.

3. Natuurlike klip is klassiek, tydloos en definitief duursaam. Plus, elke klip het sy eie unieke visuele voorkoms om bietjie “detail” aan jou stoep te verleen.

4. Met deesdae se droë weer het kunsmatige gras ‘n baie gewilde opsie geword. Dink net: jou grasperk sal altyd vars en groen lyk!

5. ‘n Klippie terrein kan aan jou erf en tuin ‘n unieke “zen” voorkoms besorg.

6. Bakstene is mos nie net vir mure nie; kyk watse lekker tekstuur en patroon verleen dit aan hierdie stoep.

7. Anti-slip teëls is ‘n heel praktiese opsie, veral met reën en oop stoepe.

8. Rustieke klei teëls is ook ‘n wonderlike keuse vir wanneer jy bietjie ‘n rou tekstuur aan jou stoep/erf wil aanbring.

9. Wat van hierdie pragtige kombinasie van klip en gras om daardie tuinpaadjie bietjie op te kikker?

Casa Sotogrande, Terra Terra 모던스타일 정원

10. Selfs die kleintste stoepie kan ‘n pragtige patroon geniet, veral as jy bakstene in twee verskillende kleure gebruik.

Club de Golf Santa Anita, Arki3d Arki3d 모던스타일 발코니, 베란다 & 테라스

11. Gruis kan pragtig opgetower word met ‘n paar houtplanke/klippe om ‘n paadjie te skep, soos hier gewys.

12. ‘n Houtdek hoef jou glad nie duur uit te werk nie, veral nie as jy van ou hout palette gebruik maak nie.

Gepraat van tuine, loer bietjie na: 9 ideas for small, cheap and low maintenance gardens.

건축/인테리어 전문가를 찾고 계시나요 ? 연락처를 남겨 주시면 적합한 전문가를 찾을 수 있도록 도와 드리겠습니다.
연락처를 남겨 주시면 적합한 전문가를 찾을 수 있도록 도와 드리겠습니다.

추천 기사