​‘n Ou Kaapse strandhuis kry ‘n nuwe styl

견적 요청하기

잘못된 정보입니다. 국가번호 및 전화번호를 다시 확인 해 주세요
보내기' 버튼을 클릭함으로써 개인 정책에 동의하며 요청 수행을 위한 개인 정보 수집 및 활용을 허락합니다.
참고: 개인 정보 폐기는 privacy@homify.com을 통해 상시 요청 가능합니다.

​‘n Ou Kaapse strandhuis kry ‘n nuwe styl

Johannes van Graan Johannes van Graan
by Rudolf Henning Construction
Loading admin actions …

‘n Ou, verwaarloosde struktuur wat weer pronk met ‘n nuwe styl? Klink soos een van ons ‘voor en na’ stukkies hier op homify…

Vandag se enetjie wys vir ons een van Rudolf Henning Construction in Bettiesbaai, Kaapstad, wat beheer geneem het van ‘n huisie naby die strand wat ‘n meer moderne ontwerp gekort het.

En terloops, die ou struktuur is al reeds in 1939 gebou, wat beteken alles van die styl en ontwerp tot die bedrading en waterpype moes vervang word!

Voor: ‘n Afgeskeepte styl

Ons is seker hierdie huisie se ontwerp was heel oulik toe dit gebou is in die laat 1930s, maar dinge het definitief verander sedert toe – nou lyk dit net oud en afgeskeep.

Plus daardie erfie het definitief al beter dae beleef!

Na: ‘n Paradyshuis

Dis mos nou stukke beter! Meer spasie is aangeskaf nadat die huis in ‘n dubbelverdieping woning omskep is (en sommer ‘n heerlike balkon ook bygekry het)! 

En kyk net hoe lekker staan daardie ligte kleure van die huis uit tussendeur die vars groen van die landskap.

Voor: Die nagmerrie van ‘n kombuis

As dit is hoe die hart van ‘n huis lyk, is daar mos wragtigwaar groot fout. Ja, die warm kleure van die houtkaste wys bietjie potensiaal, maar die verouderde styl van die vloere, mure, vensters en sommer als bring hierdie kombuis se skoonheid heeltemal af.

Na: ‘n Hemelse styl

Soveel beter! Die sneeuwit kleurskema laat die kombuis tog te netjies en skoon lyk, en ons is mal oor hoe die warm hout van die trap kontrasteer met die res van die vertrek!

Na: Bad met ‘n uitsig

Die nuwe styl het die hele huis oorgeneem, ook die badkamer wat ons hier op die nuwe verdieping vind. Dis mos nou ‘n droomspasie – en ja, daardie fantastiese uitsig is een van die hoofredes hoekom ons so sê! 

Kyk bietjie na ‘n Johannesburg huis se opknapping.

모던스타일 주택 by Casas inHAUS 모던

건축/인테리어 전문가를 찾고 계시나요 ? 연락처를 남겨 주시면 적합한 전문가를 찾을 수 있도록 도와 드리겠습니다.

당신에게 딱 맞는 디자인을 찾아보세요.